AAmazian Logo

Tel +27 (0) 21 855 0395

DRAKENSBERG en SANI PASS

Avontuur en Ontspannings pakket vir RSG Luisteraars.

Hierdie pakket is spesiaal saamgestel vir luisteraars van RSG.  Dit is daarop gemik om die beste moontlike waarde vir geld te gee. Amazian Mountain River Lodge in die Suidelike Drakensberg, is so ’n unieke plek dat u dit beslis nie moet mis nie.  Die prys van R9 990 sluit die akkommodasie vir twee mense, alle etes en veel meer in.

Dag1: Jy kan met enige lugdiens na Durban vlieg waar jy jou gerieflike, lugversorgde motortjie sal ontvang.  Probeer om voor 13h00 in Durban te land.
By aankoms by Amazian Mountain River Lodge sal jy deur Brett en Trudie verwelkom word met ’n drankie.  Die res van die middag kan jy ontspan in en rondom die oord.  Miskien wil jy net rus in jou baie luukse kamer met sy privaat spa of dalk net op jou eie stoepie sit en die uitsig oor die Drakensberge of Umzimkulu Rivier geniet.

Aandete sal om 19h00 bedien word en sal verseker ‘n baie spesiale ervaring wees.  Trudie kan nie wag om jou te bederf met haar uitstekende kos en gasvryheid nie.

Na aandete kan jy in die sitkamer ontspan voordat jy na jul kamer gaan vir ‘n romantiese nag. Geniet die spa in jou kamer of help jouself met verversings uit die minibar.

Dag 2:  Vandag sal ’n baie ontspanne dag wees. Na ontbyt kan jy straks vir ‘n wandeling in die pragtige omgewing en nabygeleë kloof gaan of miskien vir ’n romanties “Quad Bike” piekniek.

Vanmiddag kan jy een of meer van ons aktiwiteite doen soos op 'n buiteband ry in die rivier, oefen in die gimnasium, visvang of dalk ontspan met 'n aromatiese  massering.  As jy verkies om rustig te verkeer of dalk te kuier in ons swembad is jy meer as welkom. Vanaand sal nog ’n ongelooflike aandete ervaring wees.

Dag 3: Na ’n verfrissende ontbyt sal jy vertrek met ’n 4x4 voertuig vir jou Sani Pass avontuur.  Die pas teen die Drakensberge uit na Lesotho is werklik een van die heel steilste in Suid-Afrika en die pad is boonop sleg.  Om daar uit te kom, benodig jy ‘n goeie 4x4 voertuig met lae strek ratte, maar die beloning wat hierdie ekskursie inhou is enorm.  Die uitsig vanaf die berg, wat in Lesotho die Maluti genoem word, is op die heel minste asemrowend en die ryery  ‘n ware avontuur.

Nadat jy die grens formaliteite afgehandel het, sal jy in Lesotho wees.  (Jy sal dus jou paspoort moet saambring.)  In Lesotho gaan ons eers die bergmense besoek voordat ons ’n ligte middagete in die hoogste kroeg en restaurant in Afrika sal geniet. Daarna sal ons weer die Drakensberg meter vir meter afgaan. Wees op die uitkyk na die bergdiere soos elande en ’n verskeidenheid seldsame voëls wat aangepas is om op hierdie hoogte te oorleef.

Vanaand sal jy 'n afskeidete geniet en dit beloof om nog ‘n baie spesiale okasie te wees.  Ontspan in jou kamer of kom en geniet die gasvryheid.

Dag 4.  Jy moet jou motor terugneem na King Tshaka Lughawe in Durban, maar voordat jy vertrek gaan Brett en Trudie jou met nog ’n spesiale ontbyt bederf. Verseker gaan die groet van nuwe vriende en jou vertrek van Amazian Mountain River Lodge die moeilikste deel van jou vakansie wees.

Ingesluit by prys van R 9 990 per paar (2 mense)
Akkommodasie in luukse kamer met spa
3 Etes per dag
Motor huur met lugversorging.
Aromaterapie behandeling
Sanipas avontuur
Binneband river vaart

Uitgesluit
Brandstof vir die motor
Drankies
Vlugte

Amazian Honeymoon
Sani Pass Excursion
Amazian Mountair River Lodge
Bodu message Amazian
Drakensberg
Amazian Mountain River Lodge Pool
Drakensberg South Africa
Drakensberg